Luke 10:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, 'n sekere wetgeleerde het opgestaan en Hom versoek en gesê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
Afrikaans (NLV) 2011 Eendag het ’n wetskenner na vore gekom om Jesus te toets deur Hom hierdie vraag te vra: “Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?”
Afrikaans 1933/1953 En daar het 'n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
Afrikaans 1983 Daar was 'n wetgeleerde wat aan Jesus 'n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: “Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En kyk, 'n sekere wetskenner het opgestaan om Jesus te toets en Hom gevra: “Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te erf?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het 'n skrifgeleerde na Jesus toe gekom. Hy wou hê Jesus moet iets sê wat vir Hom probleme sal gee en hy het vir Hom gevra: “Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te kry?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Kenner van die wet van Moses wat na Jesus gesit en luister het, besluit toe om Hom ’n strikvraag te vra. Hy wou Jesus daar voor almal verneder. Hy staan toe op en vra ewe vroom: “Leermeester, wat moet ek doen sodat ek vir altyd in God se nuwe wêreld kan gaan bly?”