Luke 10:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader; en wie die Vader is, behalwe die Seun, en hy aan wie die Seun Hom sal openbaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “My Vader het My gesag oor alles gegee. Niemand ken werklik die Seun nie, behalwe die Vader, en niemand ken werklik die Vader nie, behalwe die Seun en hulle aan wie die Seun Hom wil openbaar.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Alles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar. |
| Afrikaans 1983 | “My Vader het alles aan My toevertrou. Niemand weet wie die Seun is nie behalwe die Vader, en wie die Vader is nie behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil bekend maak.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Alles is deur my Vader aan My toevertrou. En niemand ken die •Seun nie, behalwe die Vader, en niemand ken die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun Hom bekend wil maak.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het ook gesê: “My Vader het alles vir My gegee. Niemand ken regtig die Seun van God nie, net die Vader ken Hom. En niemand ken regtig die Vader nie, net die Seun van God ken die Vader. En net as die Seun vir mense help om te weet wie die Vader is, dan ken hulle ook die Vader.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Vader, U het al u groot krag tot my beskikking gestel. Alles en almal behoort nou aan My. Net U ken My regtig. U weet presies wie Ek is en wat Ek hier op die aarde kom doen het. Net so weet niemand anders wie U regtig is nie, behalwe Ek self. Ek ken U deur en deur. Ander mense kan net in U glo wanneer Ek vir hulle wys wie U regtig is. Dan eers gaan hulle oë oop.” |