Luke 10:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar julle nie daaroor verheug dat die geeste aan julle onderdanig is nie; maar wees liewer bly, want julle name is in die hemel opgeskryf.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar moenie bly wees net omdat bose geeste julle gehoorsaam nie; wees bly omdat julle name opgeteken is as burgers van die hemel.”
Afrikaans 1933/1953 Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.
Afrikaans 1983 En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie. Wees eerder bly dat julle name reeds in die hemel opgeskryf is. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet bly wees, maar moenie net bly wees omdat die bose geeste na julle luister nie. Julle moet meer bly wees omdat God julle name opgeskryf het in die hemel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar wag, julle moenie feesvier omdat daardie bose magte voor julle die knie buig nie. Nee, vier liewer fees omdat daar vir julle plek in my Vader se nuwe wêreld is. Julle name is klaar op die lys van die gaste wat na sy hemelse feesmaal toe genooi is.”