Luke 10:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels is aan ons onderdanig deur u Naam.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die 72 dissipels terugkom, het hulle met vreugde gesê: “Here, selfs die duiwels gehoorsaam ons wanneer ons u Naam gebruik!”
Afrikaans 1933/1953 En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.
Afrikaans 1983 Die twee en sewentig het vol blydskap teruggekom en gesê: “Here, selfs die bose geeste onderwerp hulle aan ons by die hoor van u Naam.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die twee-en-sewentig het vol blydskap teruggekeer en gesê: “Here, selfs die demone onderwerp hulle aan ons op grond van u Naam.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die 72 dissipels het teruggekom en hulle was bly en opgewonde oor alles wat gebeur het. Hulle het vir Jesus gesê: “Here, ook die duiwels luister na ons wanneer ons u Naam gebruik om hulle uit mense te jaag.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Later het die 72 volgelinge van Jesus teruggekom van die plekke af waarheen Hy hulle gestuur het. Hulle was baie opgewonde. Hulle sê toe vir Jesus: “Weet U, Here, tot die duiwels luister na ons wanneer ons hulle in u Naam uit mense uitdryf.”