Luke 10:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy, Kapernaum, wat tot die hemel toe verhef is, sal na die hel neergewerp word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En julle, mense van Kapernaum, sal julle tot die hemel verhoog word? Nee, julle sal afdaal tot in die doderyk.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy, Kap,rnaÂm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word. |
| Afrikaans 1983 | En jy, Kapernaum, dink jy jý sal tot die hemel toe verhoog word? Nee, jy sal tot in die doderyk afdaal! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En jy, Kapernaum, “Sal jy tot die hemel toe verhoog word? Nee, jy sal na Hades afdaal! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En julle wat in Kapernaum woon, julle dink God sal vir julle eer gee en julle optel tot in die hemel. Nee! Hy sal julle verneder en Hy sal julle laat val tot in die hel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “En julle spul daar in Kapernaum, wat dink julle van julleself? Dink julle God gaan vir julle ’n spesiale plek in die hemel gee? Dan wag daar vir julle ’n baie groot ontnugtering. Julle plekke in die doderyk is al klaar bespreek. |