Luke 10:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar dit sal vir Tirus en Sidon verdraagliker wees by die oordeel as vir julle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ja, Tirus en Sidon sal in die oordeelsdag beter daaraan toe wees as julle. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle. |
| Afrikaans 1983 | Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel draagliker wees as vir julle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar vir Tirus en Sidon sal dit op die oordeelsdag draagliker wees as vir julle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dag wanneer God sal oordeel, sal God die mense van Tirus en Sidon minder straf as vir julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar toemaar, God se finale oordeel is op pad. En dan sal Tirus en Sidon lig daarvan afkom in vergelyking met wat julle gaan tref. |