Luke 10:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee jou, Chorasin! wee jou, Betsaida! want as die magtige werke in Tirus en Sidon gedoen is wat in julle gedoen is, het hulle 'n lang tyd gelede berou gehad terwyl hulle in sak en as gesit het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ellende wag vir julle, Gorasin en Betsaida! Want as die wonders wat Ek in julle gedoen het in die bose Tirus en Sidon gedoen was, sou hulle inwoners lankal in sakke geklee gewees het, met as op hulle koppe as teken van hulle berou. En hulle sou tot inkeer gekom het.
Afrikaans 1933/1953 Wee jou, Gorasin, wee jou, Bets ida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het.
Afrikaans 1983 “Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! As in Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wee jou, Gorasin! Wee jou, Betsaida! Want as die kragtige dade wat in julle plaasgevind het, in Tirus en Sidon gebeur het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met die mense van die stad Gorasin! Dit sal sleg gaan met julle wat in Betsaida woon! Ek het baie wonderwerke by julle gedoen. As Ek dieselfde wonderwerke gedoen het in die stede Tirus en Sidon, dan sou al daardie mense hulle lewe verander het. Hulle sou rouklere gedra het en as op hulle koppe gegooi het. So sou hulle gewys het hulle het verander en hulle wil begin lewe soos God wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het Jesus ’n skerp uitspraak gemaak oor ’n paar van die dorpe in Galilea waar Hy gepreek het: “Gorasin en Betsaida, vir julle twee dorpe wag daar net probleme. Weet julle, as al daardie slegte mense van Tirus en Sidon die wonderwerke kon sien wat julle gesien het, was hulle almal binne sekondes op hulle knieë voor My. Met harte vol berou sou hulle dan vergifnis kom vra het.