Luke 10:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ná hierdie dinge het die Here ook ander sewentig aangestel en hulle twee-twee voor sy aangesig gestuur na elke stad en plek waarheen Hy self sou kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het nou 72 ander dissipels gekies en hulle in pare vooruit gestuur na al die dorpe en plekkies wat Hy wou besoek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nhierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierna het die Here nog twee-en-sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het nog 72 ander dissipels gekies. Hy het hulle twee-twee voor Hom gestuur na al die stede en plekke waarnatoe Hy self later wou gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kort daarna het die Here 72 van sy volgelinge aangewys om twee-twee voor Hom uit te gaan na al die plekke toe waar Hy sou aandoen op pad Jerusalem toe. |