Leviticus 9:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aäron het toe na die altaar gegaan en die kalf van die sondoffer geslag wat vir hom was.
Afrikaans (NLV) 2011 Aäron het na die altaar toe gegaan en ’n kalf geslag as ’n sonde-offer vir homself.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Aäron na die altaar nader gekom en die sondofferkalf geslag wat vir hom bedoel was.
Afrikaans 1983 Aäron het nader gegaan na die altaar toe en die kalf geslag wat bedoel was as sondeoffer vir homself.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aäron het na die altaar gegaan en die bulkalf keelaf gesny as reinigingsoffer vir homself.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Aäron het na die altaar gekom en hy het die kalf geslag wat sy eie sonde-offer moes wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aäron het toe na die altaar gegaan en die kalf vir sy sonde geslag.