Leviticus 9:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Moses vir Aäron: Gaan na die altaar en bring jou sondoffer en jou brandoffer, en doen versoening vir jouself en vir die volk; en bring die offer van die volk en doen vir hulle versoening; soos die HERE beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses sê toe vir Aäron: “Kom na die altaar toe en bring jou sonde-offer en brandoffer om versoening te bewerk vir jouself. Bring dan die offers om ook versoening te bewerk vir die volk, net soos die Here beveel het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses het vir Aäron gesê: Kom nader na die altaar en berei jou sondoffer en jou brandoffer, en doen versoening vir jou en vir die volk, en berei die offer van die volk, en doen versoening vir hulle soos die HERE beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Moses sê toe vir Aäron: “Kom nader na die altaar toe en offer die sondeoffer en die brandoffer wat vir jouself bedoel is, en doen versoening vir jouself en jou mense. Bring daarna die offer van die volk en doen versoening vir hulle soos die Here beveel het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna sê Moses vir Aäron: “Gaan na die altaar en maak jou reinigingsoffer en jou brandoffer gereed en doen versoening vir jou en jou mense. Maak ook die volk se offer gereed en doen vir hulle versoening, soos die Here beveel het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Moses vir Aäron: “Kom na die altaar en offer jou sonde-offer en jou brand-offer en doen versoening vir jouself en vir die volk. Jy moet die offer van die volk offer en jy moet vir hulle versoening doen, soos die Here gesê het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses sê toe vir Aäron: “Kom jy nou na die altaar toe en bring die dier wat jy vir jou sonde offer en die dier wat jy op die altaar in die vuur verbrand, sodat jy jou skuld by die Here kan betaal en met Hom vrede kan kry. Bring ook die volk se offer sodat hulle skuld ook betaal kan word, soos die Here gesê het ons moet maak.” |