Leviticus 9:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het wat Moses beveel het, voor die tent van samekoms gebring, en die hele vergadering het nader gekom en voor die aangesig van die HERE gaan staan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volk het toe al hierdie dinge na die voorkant van die tent van ontmoeting toe gebring, net soos Moses hulle beveel het. Die hele gemeenskap het gekom en daar in die teenwoordigheid van die Here gestaan.
Afrikaans 1933/1953 Toe het hulle voor die tent van samekoms gebring wat Moses beveel het. En die hele vergadering het nader gekom en gaan staan voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans 1983 Hulle het alles wat Moses beveel het, na die voorkant van die tent van ontmoeting toe gebring en die hele gemeente het saamgekom en in die teenwoordigheid van die Here kom staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het alles wat Moses beveel het, na die voorkant van die Tent van Ontmoeting geneem en die hele volksvergadering het nader gegaan en voor die Here gaan staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het gegaan na die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn en hulle het alles wat Moses gesê het, na die voorkant van die tempel gebring. Die hele volksvergadering het nader gekom en hulle het voor die Here kom staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het toe al die goed wat Moses opgenoem het, na die tent van ontmoeting gevat. Almal het daar bymekaargekom en voor die Here gaan staan om Hom te ontmoet.