Leviticus 9:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | ook 'n bul en 'n ram as dankoffers om voor die aangesig van die HERE te offer; en 'n spysoffer met olie gemeng, want vandag sal die HERE aan julle verskyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê ook vir hulle om ’n bees en ’n ram as ’n maaltydoffer te bring en meel gemeng met olyfolie as ’n graanoffer. Sê vir hulle om al hierdie offers aan die Here te bring omdat Hy vandag aan julle gaan verskyn.” |
| Afrikaans 1933/1953 | ook 'n bul en 'n ram as dankoffer om voor die aangesig van die HERE te offer; en spysoffer met olie gemeng; want vandag verskyn die HERE aan julle. |
| Afrikaans 1983 | Hulle moet ook 'n bul en 'n ram bring as 'n maaltydoffer aan die Here, sowel as 'n graanoffer wat met olie aangemaak is, want die Here wil Hom vandag aan julle openbaar.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n bul en 'n ram om voor die Here te slag as 'n •maaltydoffer, en 'n •graanoffer wat met olyfolie klam gemaak is, want vandag gaan die Here aan julle verskyn.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En julle moet 'n bul en 'n skaap-ram vir die Here offer om ete-offers te wees, en ook 'n koring-offer van meel wat julle met olyf-olie gemeng en geknie het, want vandag sal julle die lig sien wat om die Here, die Koning, is.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarby moet hulle ook ’n uitgegroeide bul en ’n ram as ’n offer bring vir die Here om voor die Here te eet, sowel as ’n offer van gemaalde graan wat met olie gemeng is. Die Here wil julle vandag ontmoet.” |