Leviticus 9:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: Neem vir julle 'n bokkie as sondoffer; en 'n kalf en 'n lam, al twee jaaroud, sonder gebrek, as brandoffer; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê dan vir die Israeliete om ’n bokram as sonde-offer en ’n jaaroud bulkalf en ’n lam as brandoffer te bring, almal sonder liggaamsgebrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En spreek met die kinders van Israel en sê: Neem 'n bokram as sondoffer en 'n kalf en 'n lam, altwee een jaar oud, sonder gebrek, as brandoffer, |
| Afrikaans 1983 | Sê dan vir die Israeliete hulle moet 'n bokram bring as sondeoffer en 'n bulkalf en 'n lam as brandoffer, almal 'n jaar oud en sonder liggaamsgebrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet ook met die Israeliete praat en sê, ‘Kry 'n bokram vir 'n reinigingsoffer, en vir 'n brandoffer 'n bulkalf en 'n skaaplam, albei 'n jaar oud en sonder gebrek, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Julle moet 'n gesonde bok-ram neem om 'n sonde-offer te wees en julle moet 'n gesonde jaaroud kalf en 'n skaap-lam neem om 'n brand-offer te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sê ook vir die Israeliete hulle moet vir hulleself ’n gesonde bokram bring om vir hulle sonde te offer, sowel as ’n gesonde jaaroud bulletjie en ’n skaaplam om op die altaar te verbrand. |