Leviticus 9:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses en Aäron het in die tent van samekoms ingegaan en uitgegaan en die volk geseën, en die heerlikheid van die HERE het aan die hele volk verskyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses en Aäron het toe in die tent van ontmoeting ingegaan en toe hulle uitkom, het hulle weer die volk geseën. Die glorieryke teenwoordigheid van die Here het toe vir die hele gemeenskap sigbaar geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. En die heerlikheid van die HERE het aan die hele volk verskyn |
| Afrikaans 1983 | en saam met Moses in die tent van ontmoeting ingegaan. Toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. Die magtige teenwoordigheid van die Here is toe aan die hele volk geopenbaar: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het Moses en Aäron die Tent van Ontmoeting binnegegaan. Toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. Die heerlikheid van die Here het aan die hele volk verskyn: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses en Aäron het ingegaan in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. Die hele volk het die lig gesien wat om die Here, die Koning, was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses en Aäron het toe saam in die tent waar God gedien word, ingegaan. Toe hulle uit die tent kom, het hulle vir die volk die Here se liefde toegewens. Die hele volk het toe bewus geword dat die Here ook daar teenwoordig is. |