Leviticus 9:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Aäron het sy hand na die volk opgehef en hulle geseën en van die sondoffer en die brandoffer en dankoffers afgekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Na al die dinge het Aäron sy hande uitgesteek na die volk toe en hulle geseën. Nadat hy die sonde-offer, die brandoffer en die maaltydoffer gebring het, het hy van die altaar af geklim.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle geseën. En hy het afgeklim nadat hy die sondoffer en brandoffer en dankoffer gebring het.
Afrikaans 1983 Nadat Aäron die sondeoffer, die brandoffer en die maaltydoffers gebring het, het hy sy hande na die volk toe uitgesteek en hulle geseën. Hy het van die altaar afgeklim
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aäron het sy hande na die volk opgelig en hulle geseën. Nadat die reinigingsoffer, die brandoffer en die maaltydoffer gebring is, het hy afgeklim.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Aäron sy hande opgetel en hy het die volk geseën. Hy het teruggekom nadat hy die sonde-offers en die brand-offers en die ete-offers klaar ge-offer het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat Aäron die offer vir die sondes, die offer wat verbrand word en die offer wat die goedgesindheid van die volk wys, gebring het, het hy sy hande na die volk uitgesteek en die Here gevra om vir hulle goed te wees.