Leviticus 9:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die borste en die regterskouer het Aäron as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg; soos Moses beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aäron het die borsstukke en die regterboud opgelig as ’n offer vir die Here, net soos Moses beveel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die borsstukke en die regterboud het Aäron as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg soos Moses beveel het. |
| Afrikaans 1983 | maar die borsstukke en die regterboud het hy as beweegoffer aan die Here aangebied soos Moses hom beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar die borsstukke en die regterboud het hy voor die Here as 'n gewyde gawe heen en weer beweeg, soos Moses beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Aäron het die bors-stukke en die regter-boude heen en weer beweeg voor die Here om 'n beweeg-offer te wees, soos die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die borsstukke en die regterblad het Aäron egter as ’n offer wat heen en weer voor die Here beweeg word, aan die Here opgedra, presies soos Moses voorgeskryf het. |