Leviticus 9:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir Aäron: Neem vir jou 'n jong kalf as sondoffer en 'n ram as brandoffer sonder gebrek, en offer dit voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir Aäron gesê: “Neem ’n jong bul as ’n sonde-offer en ’n ram as ’n brandoffer en gee dit vir die Here. Al twee diere moet sonder enige liggaamsgebrek wees.
Afrikaans 1933/1953 en aan Aäron gesê: Neem vir jou 'n bulkalf as sondoffer en 'n ram as brandoffer, altwee sonder gebrek; en bring hulle voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans 1983 Hy sê toe vir Aäron: “Vat 'n bulkalf en 'n ram, altwee sonder liggaamsgebrek, en offer die kalf as 'n sondeoffer en die ram as 'n brandoffer aan die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vir Aäron gesê: “Kry vir jou 'n bulkalf sonder gebrek vir 'n •reinigingsoffer en 'n ram sonder gebrek vir 'n •brandoffer en bring dit voor die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy het vir Aäron gesê: “Jy moet 'n gesonde bul-kalf neem om 'n sonde-offer te wees en ook 'n gesonde skaap-ram om 'n brand-offer te wees, en jy moet hulle vir die Here offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir Aäron gesê: “Vat ’n gesonde bulletjie en ’n welgeskape ram en bring een vir die Here as ’n offer vir die sonde en die ander as ’n offer wat in die vuur verbrand word.