Leviticus 9:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het ook die bul en die ram as dankoffer geslag wat vir die volk was, en die seuns van Aäron het die bloed aan hom gegee wat hy rondom op die altaar gesprinkel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Aäron het toe die bees en die ram as die volk se maaltydoffer geslag. Sy seuns het die bloed vir hom gebring en hy het dit teen die kante van die altaar gesprinkel.
Afrikaans 1933/1953 Toe het hy die bul en die ram geslag wat vir die volk as dankoffer bedoel was; en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee wat hy toe rondom teen die altaar uitgegooi het
Afrikaans 1983 Die bul en die ram wat bedoel was as maaltydoffers van die volk, het hy ook geslag. Die seuns van Aäron het die bloed vir hom aangegee en hy het dit rondom teen die altaar gesprinkel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aäron het die bul en die ram, die maaltydoffer wat vir die volk bedoel was, keelaf gesny. Aäron se seuns het die bloed aan hom oorhandig en hy het dit reg rondom teen die altaar gesprinkel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het hy die bul en die skaap-ram geslag wat die ete-offers van die volk moes wees. Sy seuns het die bloed vir hom gebring, en hy het die bloed teen die altaar gespat, oral rondom die altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook die bul en die ram vir die volk se offer waarvan hulle ook kan eet, geslag. Sy seuns het die bloed in ’n houer vir hom aangegee en hy het daarvan reg rondom teen die altaar gespat.