Leviticus 9:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die spysoffer gebring en 'n handvol daarvan geneem en dit op die altaar verbrand, by die môrebrandoffer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook ’n graanoffer gebring en ’n hand vol meel op die altaar verbrand, bo en behalwe die gebruiklike oggendbrandoffer.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die spysoffer gebring en 'n handvol daaruit geneem en dit aan die brand gesteek op die altaar, behalwe die môre brandoffer.
Afrikaans 1983 Toe het hy die graanoffer nadergebring en 'n handvol daarvan op die altaar verbrand. Dit was afgesien van die daaglikse brandoffer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het ook die graanoffer laat naderbring, 'n handvol daarvan geneem en dit op die altaar verbrand. Dit was afgesien van die brandoffer van die oggend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die koring-offer gebring. Hy het 'n handvol daarvan geneem en hy het dit op die altaar verbrand. Hy het ook die oggend-offer gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook bo en behalwe die oggend se offer wat verbrand word, ’n offer uit die graan gebring. Hy het ’n hand vol daarvan geneem en dit op die altaar verbrand.