Leviticus 9:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die offer van die volk gebring en die bok geneem, wat die sondoffer vir die volk was, en dit geslag en dit as die sonde geoffer, soos die eerste. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het Aäron die offers vir die volk gebring. Hy het die bokram geslag en as sonde-offer vir die volk gebring net soos hy dit vir homself gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het hy die offer van die volk gebring; hy het naamlik die sondofferbok geneem wat vir die volk bedoel was, en dit geslag en dit as sondoffer gebring soos tevore. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het Aäron die offer van die volk na die altaar toe gebring. Hy het die bokram wat as sondeoffer vir die volk bedoel was, gevat, hom geslag en geoffer op dieselfde manier as die vorige sondeoffer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het hy die volk se offer laat nader kom. Hy het die bokram wat as reinigingsoffer vir die volk bedoel was, geneem, keelaf gesny en dit as reinigingsoffer gebring soos die eerste offer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het Aäron die offer van die volk ge-offer. Hy het die bok-ram geneem wat die sonde-offer van die volk moes wees en hy het dit geslag en ge-offer soos hy sy eie offer ge-offer het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierna het Aäron ook die volk se offer gebring. Hy het die bok gevat wat vir die sonde van die volk geoffer moes word, dit geslag en net so geoffer soos sy eie offer. |