Leviticus 9:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die brandoffer geslag; en die seuns van Aäron het vir hom die bloed gebring wat hy rondom op die altaar gesprinkel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aäron het toe ook die dier vir die brandoffer geslag. Sy seuns het vir hom die bloed gebring en hy het dit teen die kante van die altaar gesprinkel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hy die brandoffer geslag, en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee, en hy het dit rondom teen die altaar uitgegooi. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het hy die ram geslag wat vir homself bedoel was as brandoffer. Sy seuns het die bloed vir hom aangegee, en hy het dit rondom teen die altaar gesprinkel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het Aäron die brandoffer keelaf gesny; sy seuns het die bloed aan hom oorhandig en hy het dit reg rondom teen die altaar gesprinkel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het Aäron die skaap-ram geslag wat 'n brand-offer moes wees. Sy seuns het die bloed vir hom gebring, en hy het die bloed rondom teen die altaar gespat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het toe ook die offer gebring wat op die altaar verbrand word. Sy seuns het die bloed vir hom aangegee en hy het daarvan teen die kante van die altaar gespat. |