Leviticus 8:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die tulband op sy hoof gesit; ook op die tulband, selfs op sy voorkant, het hy die goue plaat, die heilige kroon, gesit; soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het toe ook die tulband met die goue plaat voor op sy kop gesit, net soos die Here hom beveel het om te doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die heilige kroon, bevestig, soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die tulband om sy kop gesit en die goue blom aan die voorkant van die tulband vasgesit as 'n besondere wydingsteken. Dit is alles gedoen soos die Here Moses beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het hy die •tulband op sy kop gesit en aan die voorkant van die tulband die goue roset, die heilige wydingsteken, vasgemaak soos die Here Moses beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die tulband op Aäron se kop gesit en voor op die tulband het hy die blom van goud gesit, die gewyde kroon, soos die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ook ’n hoed op Aäron se kop gesit en aan die voorkant daarvan ’n goue wapen vasgesteek, soos die Here hom beveel het. |