Leviticus 8:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hom die mantel aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek en hom die skouerkleed aangetrek, en hy het hom met die skouerkleed omgord en dit daarmee aan hom vasgebind.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het toe vir Aäron priesterklere aangetrek en die ampserp om hom gebind. Hy het ook die priestermantel en die priesterlike skouerkleed vir hom aangetrek. Hy het die skouerkleed met die ampserp vasgemaak.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het hy hom die rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind.
Afrikaans 1983 Daarna het hy die priesterklere vir Aäron aangetrek en die serp vir hom omgebind. Hy het die mantel vir hom omgehang en die skouerkleed vir hom aangetrek deur dit met die band wat daaraan was, om sy lyf vas te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vir Aäron die priesterrok aangetrek, die lyfserp vir hom omgebind en die mantel om hom gehang. Toe het hy die efod oorgesit, die band daarvan om sy lyf gesit en dit styf vasgemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Moses vir Aäron die rok aangetrek, hy het die skouer-serp om Aäron vasgemaak, die bo-kleed om hom gedraai, die skouer-kleed oorgesit en die belt van die skouer-kleed om sy middellyf vasgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het Aäron sy spesiale hemp vir sy dienswerk laat aantrek, die serp vir hom omgehang wat die dienaars by die Here se tent moet dra, daar bo-oor nog ’n mantel omgehang, die deel wat oor sy skouers kom oor sy skouers gesit en die mantel met ’n belt vasgebind.