Leviticus 8:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het; en die vergadering het byeengekom by die ingang van die tent van samekoms. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het die opdrag van die Here uitgevoer en so het die hele volk by die ingang van die tent van ontmoeting bymekaargekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die tent van samekoms. |
| Afrikaans 1983 | Moses het die bevel van die Here uitgevoer, en toe die gemeente bymekaar was voor die tent van ontmoeting, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het gemaak soos die Here hom beveel het en die geloofsgemeenskap het by die ingang van die Tent van Ontmoeting bymekaargekom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gedoen wat die Here gesê het. Hy het die volksvergadering laat bymekaarkom by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het toe gemaak soos die Here vir hom gesê het. Die hele gemeenskap het by die ingang van die tent waar die Here gedien word, saamgekom. |