Leviticus 8:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom moet julle, dag en nag, sewe dae lank by die ingang van die tent van samekoms bly en die diens van die HERE hou, dat julle nie sterwe nie; want so is my bevel gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onthou, julle moet by die ingang van die tent van ontmoeting bly vir sewe dae en sewe nagte en doen wat die Here vra. As julle dit nie doen nie, sal julle sterf. Dit is wat die Here sê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle moet dan by die ingang van die tent van samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die ordening van die HERE hou, dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee. |
| Afrikaans 1983 | Daarom moet julle 'n week lank dag en nag by die ingang van die tent van ontmoeting bly en die bevel van die Here uitvoer, anders sal julle sterwe. Dit is die bevel wat ek van die Here ontvang het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Voor die ingang van die Tent van Ontmoeting moet julle sewe dae lank bly, dag en nag. Julle moet die verpligting nakom wat die Here op julle lê, sodat julle nie sterf nie, want so is ek beveel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet sewe dae lank elke dag en nag by die ingang van die tent bly en julle moet doen wat die Here gesê het, dan sal julle nie sterf nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet sewe dae lank dag en nag by die ingang bly en die opdrag van die Here uitvoer, anders sal julle doodgaan. Dit is soos die Here beveel het.” |