Leviticus 8:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle mag nie in sewe dae by die ingang van die tent van samekoms uitgaan totdat die dae van julle wyding verby is nie; want sewe dae lank moet hy julle wy.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir sewe dae lank mag julle nie die ingang van die tent van ontmoeting verlaat nie, want dit is hoe lank dit sal neem om die wydingseremonie te voltooi.
Afrikaans 1933/1953 Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; want sewe dae lank moet julle wyding duur.
Afrikaans 1983 Julle mag 'n week lank nie die ingang van die tent van ontmoeting verlaat nie, nie voordat die sewe dae van die wydingseremonies verby is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van die ingang van die Tent van Ontmoeting mag julle sewe dae lank nie weggaan nie, tot op die dag wanneer julle priesterwyding voltooi is, want julle wyding moet sewe dae lank duur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag sewe dae lank nie weggaan van die ingang van die tent nie. Julle moet daar bly totdat die tyd verby is om julle te wy, want om julle te wy, hou sewe dae lank aan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle mag vir die volgende sewe dae tot die tyd van julle inhuldigingsgeleentheid verby is, nie van die deur van die tent van ontmoeting af weggaan nie. Dit hou ’n volle sewe dae lank aan.