Leviticus 8:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het van die salfolie en van die bloed wat op die altaar was, geneem en dit op Aäron en op sy klere en op sy seuns en op sy seuns se klere saam met hom gesprinkel; en hy het Aäron en sy klere en sy seuns en sy seuns se klere saam met hom geheilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het Moses van die salfolie en van die bloed op die altaar geneem en dit op Aäron en sy klere gesprinkel en ook oor sy seuns en hulle klere. Op dié manier het hy Aäron en sy seuns en hulle klere gewy. |
| Afrikaans 1933/1953 | Moses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gesprinkel. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns geheilig. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het Moses van die salfolie en van die bloed wat op die altaar was, oor Aäron en sy klere gesprinkel en ook oor sy seuns en hulle klere. So het Moses vir Aäron en sy seuns en hulle klere aan die Here gewy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron en sy klere, en ook op sy seuns wat by hom was en hulle klere, gesprinkel. So het hy Aäron en sy klere, en sy seuns saam met hom en hulle klere, geheilig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het Moses van die salf-olie geneem en van die bloed op die altaar, en hy het dit gespat op Aäron en sy seuns en op hulle klere. So het hy hulle en hulle klere gewy. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het van die olie en van die bloed wat by die altaar was, gevat en op Aäron en oor sy klere, en ook oor sy seuns en oor hulle klere gesprinkel. So het hy Aäron en sy klere en sy seuns en hulle klere aan die Here toegewy. |