Leviticus 8:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe neem Moses die bors en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; want van die wydingsram was dit Moses se deel; soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het toe die bors geneem en dit opgelig voor die Here in sy teenwoordigheid. Dit was Moses se deel van die ram vir die priesterwyding, net soos die Here hom beveel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as deel toegekom, soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Moses het die bors as 'n beweegoffer vir die Here aangebied. Dit was die deel van die offerram vir die priesterwyding wat Moses, volgens die bevel van die Here, gekry het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het die borsstuk geneem en dit voor die Here as 'n gewyde gawe heen en weer beweeg. Dit was Moses se deel van die ram vir die priesterwyding, soos die Here hom beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het die bors van die skaap-ram geneem en hy het dit heen en weer voor die Here beweeg om 'n beweeg-offer te wees. Die bors van die ram was die deel wat Moses kon kry, soos die Here vir hom gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het toe die stuk van die ram se bors gevat en dit ook aan die Here opgedra. Dit was die deel van die ram wat vir die aanstelling van die dienaars gebruik is, wat die Here gesê het Moses vir homself kan vat. |