Leviticus 8:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar op die brandoffer verbrand; dit was wydings vir 'n lieflike geur; dit is 'n vuuroffer aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het toe die offers by hulle teruggevat en dit op die altaar bo-op die brandoffer as ’n wydingsoffer verbrand. Dit was ’n vuuroffer vir die Here en baie aangenaam vir Hom.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die brandoffer, aan die brand gesteek; 'n wydingsoffer was dit as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.
Afrikaans 1983 Moses het dit toe by hulle geneem en dit op die altaar bo-op die brandoffer verbrand. Die offer waarmee die priesters gewy is, was 'n offer wat deur die Here aanvaar is. Dit was 'n vuuroffer wat vir die Here aangebied is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het dit toe uit hulle hande geneem en dit op die altaar bo-op die brandoffer verbrand. Dit was 'n wydingsoffer vir 'n aangename geur, 'n offergawe aan die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Moses dit by hulle geneem en hy het dit op die altaar verbrand saam met die brand-offer. Dit was 'n offer om die priesters te wy, dit was 'n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het dit toe weer by hulle gevat en dit bo-op die offer op die altaar gesit en alles verbrand. Dit was ’n offer om Aäron en sy seuns aan die Here op te dra, ’n offer wat met vuur verbrand word waarvan die Here baie hou.