Leviticus 8:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het alles op Aäron se hande en op sy seuns se hande gelê en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het dit alles vir Aäron en sy seuns gegee en hulle aangesê om dit vir die Here aan te bied deur dit na Hom uit te steek. |
| Afrikaans 1933/1953 | en dit alles op die hande van Aäron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het hy dit alles vir Aäron en sy seuns gegee en hulle aangesê om dit as 'n beweegoffer vir die Here aan te bied. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het dit alles op die handpalms van Aäron en die handpalms van sy seuns geplaas, en dit voor die Here as 'n gewyde gawe heen en weer beweeg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het hy alles op Aäron en sy seuns se hande gesit en hy het dit heen en weer voor die Here beweeg om 'n beweeg-offer te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het hy dit alles vir Aäron en sy seuns gegee en hulle het dit as beweegoffer aan die Here opgedra. |