Leviticus 8:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En uit die mandjie met ongesuurde brode wat voor die aangesig van die HERE was, het hy een ongesuurde koek en 'n koek met olie en een koek geneem en dit op die vet en op die regterskouer gesit.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het toe ook ’n ongesuurde brood, ’n roosterkoek van ongesuurde brood wat in olyfolie gedoop is en ’n dun broodjie wat met olyfolie gesmeer was bo-op die vet en die regterboud gesit. Al die brood is geneem uit die mandjie met ongesuurde brood wat in die teenwoordigheid van die Here gestaan het.
Afrikaans 1933/1953 Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE was, een ongesuurde koek geneem en een oliebrood koek en een platkoek; en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit
Afrikaans 1983 Hy het 'n ongesuurde ringbrood, 'n ringbrood wat met olie geknie is, en 'n roosterkoek uitgehaal uit die mandjie met ongesuurde brood wat by die altaar gestaan het, en dit by die vet en die regterboud gesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Uit die mandjie met ongesuurde brood wat voor die Here was, het hy een ongesuurde ringbrood, een ongesuurde brood wat met olyfolie klam gemaak is en een platbrood geneem en dit op die vet en die regterboud neergesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was ongesuurde brood in 'n mandjie by die altaar. Moses het een ongesuurde rondebrood uit die mandjie geneem, en ook een rondebrood met olyf-olie en een roosterkoek, en hy het dit by die vet en die regter-boud gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het uit die mandjie vol brode wat sonder suurdeeg gebak is en voor die Here gestaan het, ’n ronde brood gevat, en ’n ringbrood wat met olie gebak is en ’n roosterkoek, en dit by die vet en die regterblad gesit.