Leviticus 8:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die vet geneem en die boud en al die vet wat aan die binnegoed was, en die oorblyfsel bokant die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterskouer.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het hy die vet geneem, die vet van die stert, die vet aan die binnegoed, die punt van die lewer, die twee niere met hulle vet en ook die regterboud.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die vet geneem met die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed was, en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud.
Afrikaans 1983 Hy het die vet, dit is die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed sit, saam met die punt van die lewer, die twee niere met die niervet en die regterboud eenkant gesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die vet geneem: die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed is, asook die lob van die lewer, die twee niere met hulle vet en die regterboud.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die vet geneem, die vetstert en al die vet aan die binnegoed en ook die punt van die lewer en die twee niere en die vet wat aan die niere is en die regter-boud.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het toe van die ram se vet gevat, sy vetstert, al die vet aan die binnegoed, die punt van sy lewer, sy twee niere, asook die niervet en sy regterblad.