Leviticus 8:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het dit gedood; en Moses het van die bloed daarvan geneem en dit aan die regterpunt van Aäron se regteroor en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet gesmeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het die ram geslag en van die bloed geneem en dit aan die oorlel van Aäron se regteroor, sy regterduim en regtergroottoon gesmeer.
Afrikaans 1933/1953 En Moses het dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die regteroorlel van Aäron en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet gestryk.
Afrikaans 1983 Moses het hom geslag en van die bloed aan Aäron se regteroorlel, sy regterduim en regtergroottoon gesmeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het hom keelaf gesny, van die bloed geneem en dit aan Aäron se regteroorlel, die duim van sy regterhand en die groottoon van sy regtervoet gesmeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het die ram geslag en hy het van die bloed gesmeer aan Aäron se regter-oor, sy regter-duim en sy regter-groottoon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het dit geslag en van sy bloed gevat en daarvan aan Aäron se regteroorlel, sy regterduim en sy regtergroottoon gesmeer.