Leviticus 8:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die ander ram, die wydingsram, gebring; en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het toe ’n tweede ram gebring. Dit was die ram vir die wyding van die priesters. Aäron en sy seuns het hulle hande op sy kop gesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het hy die ander ram, die wydingsram, laat aankom; en Aäron met sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê. |
| Afrikaans 1983 | Hierna is die ander ram wat vir die priesterwyding bedoel was, na die altaar toe gebring. Aäron en sy seuns het hulle hande ook op die kop van dié ram gesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het hy die tweede ram, die een vir die priesterwyding, laat nader kom. Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het die ander skaap-ram nader gebring, dit was die ram om die priesters te wy. Aäron en sy seuns het hulle hande op die ram se kop gesit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe is die tweede ram nader gebring. Die ram sou gebruik word om die dienaars by die tent in hulle werk aan te stel. Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gesit. |