Leviticus 8:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die binnegoed en die bene in water gewas; en Moses het die hele ram op die altaar verbrand; dit was 'n brandoffer vir 'n lieflike geur en 'n vuuroffer aan die HERE; soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat hy die binnegoed en die pote met water gewas het, het Moses die hele ram op die altaar as ’n brandoffer verbrand. Dit was ’n vuuroffer vir die Here en baie aangenaam vir Hom. Alles is gedoen net soos die Here vir Moses beveel het.
Afrikaans 1933/1953 maar die binnegoed en die pote het hy met water gewas, en Moses het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was 'n brandoffer as lieflike geur, 'n vuuroffer was dit aan die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans 1983 nadat hy dit skoon gewas het, ook die binnegoed en pote verbrand. So het Moses die hele ram op die altaar verbrand. Dit was 'n brandoffer wat deur die Here aanvaar is, 'n vuuroffer wat aan die Here gebring is soos Hy Moses beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die binnegoed en die pote het hy met water afgespoel. Moses het die hele ram op die altaar verbrand. Dit was 'n brandoffer vir 'n aangename geur, 'n offergawe aan die Here, soos die Here Moses beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die binnegoed en die pote gewas en hy het dit ook verbrand. Hy het die hele ram op die altaar verbrand. Dit was 'n brand-offer, 'n vuur-offer, soos die Here vir Moses gesê het. Dit ruik lekker vir die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat hy die binnegoed en agterpote met water afgewas het, het Moses dit wat van die ram oor was, op die altaar verbrand. Dit was ’n offer wat verbrand word wat vir die Here baie aanvaarbaar is. Dit was soos die Here Moses beveel het om te maak.