Leviticus 8:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Neem Aäron en sy seuns saam met hom en die klere en die salfolie en 'n sondofferbul en twee ramme en 'n mandjie ongesuurde brode;
Afrikaans (NLV) 2011 “Bring vir Aäron en sy seuns, met die spesiale klere, die salfolie, die bul vir die sonde-offer, die twee ramme en die mandjie met ongesuurde brood
Afrikaans 1933/1953 Neem Aäron en sy seuns saam met hom, en die klere en die salfolie en die sondofferbul en die twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke,
Afrikaans 1983 “Laat Aäron en sy seuns na die ingang van die tent van ontmoeting toe kom. Bring die klere, die salfolie, die bul vir die sondeoffer, die twee ramme en die mandjie met ongesuurde brood,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Neem Aäron en sy seuns saam met hom, asook die klere, die salfolie, die bul vir die •reinigingsoffer, die twee ramme en die mandjie ongesuurde brood
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir Aäron en sy seuns neem, en die klere, die salf-olie, die bul wat 'n sonde-offer moet wees, die twee skaap-ramme en die mandjie ongesuurde brood.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Vat Aäron en sy seuns na die ingang van die tent waar die Here gedien word. Bring ook vir hulle spesiale klere saam vir hulle werk. Bring ook die olyfolie wat jy gaan gebruik om hulle in hulle werk te bevestig, die bul wat vir die sonde geoffer moet word, die twee ramme en die mandjie met brode sonder suurdeeg wat jy nodig gaan hê.