Leviticus 8:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het al die vet geneem wat aan die binnegoed was, en die oorblyfsel bokant die lewer, en die twee niere en hulle vet, en Moses het dit op die altaar verbrand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het toe al die vet rondom die binnegoed, die punt van die lewer, die twee niere en hulle vet geneem en dit alles op die altaar verbrand. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het hy al die vet wat aan die binnegoed was en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar aan die brand gesteek. |
| Afrikaans 1983 | Hierna het Moses al die vet wat aan die binnegoed sit en die punt van die lewer saam met die twee niere en die niervet op die altaar verbrand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het al die vet aan die binnegoed, die lewerlob en die twee niere met die niervet geneem en dit op die altaar verbrand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het al die vet geneem wat om die binnegoed was en ook die punt van die lewer en die twee niere en die vet aan die niere en hy het dit op die altaar verbrand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het hy die hele vetlaag oor die binnegoed, die twee niere met die vet daaroor en die lewervet uitgesny en dit op die altaar verbrand. |