Leviticus 8:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die sondofferbul gebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Moses die bul vir die sonde-offer ingebring. Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die bul gesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het hy die sondofferbul laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê. |
| Afrikaans 1983 | Hierna het hy die bul vir die sondeoffer na die altaar toe gebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die bul gesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het hy die bul vir die reinigingsoffer laat nader kom. Aäron en sy seuns het hulle hande op die bul se kop vir die reinigingsoffer geplaas. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het Moses die bul nader gebring wat die sonde-offer moet wees. Aäron en sy seuns het hulle hande op die bul se kop gesit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het Moses die bul wat vir die sonde geslag moes word, nader gebring. Aäron en sy seuns het hulle hande op die bul se kop gesit |