Leviticus 8:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het die seuns van Aäron gebring en hulle rokke aangetrek en hulle met gordels omgord en hulle hoede aangetrek; soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het ook Aäron se seuns laat naderkom en vir hulle priesterklere, ampserpe en tulbande aangetrek, net soos die Here hom beveel het om te doen.
Afrikaans 1933/1953 Ook het Moses die seuns van Aäron laat nader kom en hulle die rokke aangetrek en hulle gegord met 'n gordel en hulle die musse omgebind soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans 1983 Toe het Moses die seuns van Aäron by die altaar laat plek inneem, die priesterklere vir hulle aangetrek, hulle serpe omgebind en hulle kopdoeke vasgemaak. Hy het dit gedoen soos die Here hom beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het die seuns van Aäron na vore laat tree en vir hulle priesterrokke aangetrek, vir hulle lyfserpe omgebind en vir hulle kopdoeke omgesit soos die Here hom beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Moses die seuns van Aäron laat nader kom en hy het vir hulle die rokke aangetrek en die skouer-serpe omgesit en die kopdoeke om hulle koppe gebind, soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het Aäron se seuns laat nader staan en ook hulle die spesiale hemde vir hulle dienswerk laat aantrek, hulle serpe vir hulle omgehang en hulle die kopbande laat opsit wat hulle moes dra wanneer hulle by die tent werk, soos die Here gesê het hy moet maak.