Leviticus 8:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar en al sy voorwerpe, sowel die waskom as sy voet, gesalf om dit te heilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die altaar sewe keer besprinkel en sodoende die altaar, al die gereedskap en die waskom met sy staander gesalf en dit geheilig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die waskom en sy voetstuk, om dit te heilig. |
| Afrikaans 1983 | Hy het naamlik sewe maal van die olie teen die altaar gesprinkel en die altaar met al sy gereedskap en ook die waskom en sy staander gesalf om dit te wy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die altaar sewe maal daarmee besprinkel. Hy het die altaar en al die toebehore daarvan, asook die waskom en sy voetstuk, gesalf om dit te heilig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het van die salf-olie sewe maal teen die altaar gespat en hy het die altaar en al die gereedskap van die altaar en die was-skottel en sy voetstuk gesalf en gewy. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ook sewe maal daarvan teen die altaar gespat en die altaar saam met alles wat daaraan behoort, asook die wasbak wat daar staan en die voetstuk waarop dit rus met die olie gesmeer om dit aan God op te dra. |