Leviticus 7:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al die spysoffer wat in die oond gebak word en alles wat in die braaipan en in die pan berei word, moet die priester s'n wees wat dit offer.
Afrikaans (NLV) 2011 Enige graanoffer wat in ’n oond gebak is of in ’n pan gaargemaak is of op ’n plaat voorberei is, behoort aan die priester wat die offer aanbied.
Afrikaans 1933/1953 En elke spysoffer wat in die oond gebak word, en alles wat in die pan of op die bakplaat berei is, aan die priester wat dit offer, aan hom kom dit toe.
Afrikaans 1983 “Elke graanoffer wat in 'n oond gebak is, en dié wat in 'n bakpan of op 'n bakplaat gaargemaak is, kom die priester toe wat die offer aanbied.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So behoort elke •graanoffer wat in 'n oond gebak is, of wat in 'n pan of op 'n bakplaat voorberei is, aan die priester wat die offer bring; dit kom hom toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elke koring-offer wat iemand in 'n oond bak of gereedmaak in 'n pan of op 'n bakplaat, behoort aan die priester wat dit ge-offer het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Enige offer wat van graan gebring word en wat in ’n oond gebak is of in ’n braaipan gebraai of op ’n rooster gaargemaak is, behoort ook aan die dienaar wat dit geoffer het.