Leviticus 7:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | wat die HERE Moses beveel het op die berg Sinai, op die dag toe Hy die kinders van Israel beveel het om hulle offergawes aan die HERE te bring, in die woestyn Sinai. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het hierdie instruksies vir Moses op die Sinaiberg gegee toe hy die Israeliete beveel het om hulle offers vir die Here in die Sinaiwoestyn te bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | wat die HERE Moses by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan die HERE te bring. |
| Afrikaans 1983 | So het die Here aan Moses opdrag gegee by Sinaiberg in die Sinaiwoestyn die dag toe Hy die Israeliete beveel het om vir Hom offers te bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | wat die Here aan Moses as opdrag gegee het op die berg Sinai die dag toe hy die Israeliete in die Sinaiwoestyn beveel het om hulle offers aan die Here te bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het dit vir Moses gesê op Sinai-berg, in die Sinai-woestyn. Die Here het dit gedoen toe Hy gesê het dat die Israeliete offers vir Hom moet gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is ook die voorskrifte wat die Here vir Moses gegee het by die berg Sinai op die dag toe hy vir die Israeliete voorgeskryf het hoe hulle vir die Here in die Sinaiwoestyn moet offer. |