Leviticus 7:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die deel van die salwing van Aäron en van die salwing van sy seuns, uit die vuuroffers van die HERE, op die dag toe Hy hulle gebring het om die HERE te dien in die priesteramp;
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is hulle deel. Van die vuuroffers wat vir die Here gebring word, is dit opsy gesit vir Aäron en sy afstammelinge vanaf die tyd dat hulle aangewys is om die Here as priesters te dien.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die aandeel van Aäron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers van die HERE, op die dag toe Hy hulle laat nader kom het om die priesteramp vir die HERE te bedien
Afrikaans 1983 “Dit is die aandeel van Aäron en sy seuns aan die vuuroffers van die Here, van die dag af dat hulle as priesters vir die Here gewy is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is aan Aäron en sy seuns toegewys uit die offergawes aan die Here op die dag toe hulle nadergebring is om as priesters vir die Here te dien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die dele wat Aäron en sy seuns moet kry van die vuur-offers van die Here. Hulle moet dit kry van die dag toe hulle gewy is om priesters van die Here te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit is die gedeelte van die offers vir die Here wat op die altaar verbrand word, wat aan Aäron en sy seuns behoort van die dag dat die Here hulle aangestel het om sy dienaars by die tent van ontmoeting te wees.