Leviticus 7:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die beweegbors en die skouer het Ek van die kinders van Israel van die dankoffers af weggeneem en dit aan die priester Aäron en aan sy seuns gegee as 'n ewige insetting uit die kinders van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het die bors en die regterboud vir die priesters bepaal. Dit is hulle deel van die maaltydoffers wat die Israeliete bring. Dit is ’n vaste instelling.
Afrikaans 1933/1953 Want die beweegbors en die hefboud het Ek van die kinders van Israel uit hulle dankoffers geneem en dit aan Aäron, die priester, en aan sy seuns gegee as 'n deel wat hulle vir ewig toekom van die kant van die kinders van Israel.
Afrikaans 1983 “Die Here het die bors van die beweegoffer en die boud wat as offergawe gebring is, uit die maaltydoffers van Israel gevat en dit aan die priester Aäron en sy seuns gegee. Dit is 'n vaste instelling vir die Israeliete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want die borsstuk, wat die gewyde gawe is, en die regterboud, wat die wydingsgeskenk is, het Ek uit die Israeliete se maaltydoffers geneem en aan die priester Aäron en sy seuns gegee as die deel wat hulle altyd by die Israeliete moet kry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want Ek het die bors van die beweeg-offer en die boud geneem van die Israeliete en Ek het dit vir die priester Aäron en sy seuns gegee. Die boud is 'n present, dit is 'n deel van die ete-offers, en die Israeliete moet dit altyd gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het die bors wat vir My geoffer word en die blad wat aan My opgedra word, by die Israeliete weggevat uit die deel van die offers wat hulle mag eet, en Ek het dit uitsluitlik vir die dienaars uit Aäron se familie en hulle gesinne gegee. Dit is ’n reël vir die Israeliete wat nooit verander mag word nie.