Leviticus 7:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy onder die seuns van Aäron wat die bloed van die dankoffers en die vet bring, moet die regterskouer vir sy deel hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die regterboud moet altyd aan die priester wat die bloed sprinkel en die vet van die maaltydoffer offer, gegee word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat uit die seuns van Aäron die bloed van die dankoffers en die vet offer, aan hom kom die regterboud as deel toe. |
| Afrikaans 1983 | Die priester uit die seuns van Aäron wat die bloed en die vet van die maaltydoffers hanteer, het aanspraak op die regterboud as sy aandeel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester uit die seuns van Aäron wat die bloed van die maaltydoffer en die vet naderbring, hy kry die regterboud as sy deel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester wat die bloed en die vet van die ete-offer verbrand, moet die regter-boud kry, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die regterblad van die dier behoort uitsluitlik aan die dienaars uit Aäron se familie wat die bloed en die vet van die offer by die altaar hanteer. |