Leviticus 7:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die regterskouer moet julle aan die priester as hefoffer gee van die slagoffers van julle dankoffers.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy moet die regterboud van die maaltydoffer as ’n gawe aan die priester gee.
Afrikaans 1933/1953 Julle moet ook die regterboud aan die priester as hefoffer gee uit julle dankoffers.
Afrikaans 1983 “Julle moet die regterboud van die maaltydofferdier as 'n offergawe aan die priester gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die regterboud van julle maaltydoffers moet julle as •wydingsgeskenk aan die priester gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die regter-boud van die ete-offer ook vir die priesters present gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet die regterblad van die dier wat julle vir die Here offer om julle goeie gesindheid teenoor Hom te bewys as ’n spesiale porsie aan die dienaar afstaan.