Leviticus 7:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy eie hande moet die vuuroffers van die HERE bring, die vet met die bors, dit moet hy bring, dat die bors as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg kan word.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee dit vir Hom met jou eie hande as ’n vuuroffer vir die Here. Bring die vet van die dier, saam met die bors, en gee dit vir die Here deur dit voor Hom op te lig.
Afrikaans 1933/1953 sy hande moet die vuuroffers van die HERE bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, om dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg.
Afrikaans 1983 Hy moet dit met sy eie hand as vuuroffer vir die Here bring. Hy moet die vuuroffer, die vet van die bors, saam met die bors bring en dit in die teenwoordigheid van die Here heen en weer beweeg as 'n beweegoffer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met sy eie hande moet hy die offergawe vir die Here indra; die vet moet hy saam met die borsstuk indra. Die borsstuk moet hy indra om dit voor die Here as 'n gewyde gawe heen en weer te beweeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet self die vet en die bors van die dier vir die Here gee. Die bors moet 'n beweeg-offer vir die Here wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) in sy hand vat en dit nader bring sodat dit vir die Here verbrand kan word. Hy bring die vet van die dier se bors en die bors self en hou dit na die Here uit.