Leviticus 7:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle mag geen bloed eet nie, of dit van voëls of van diere is, in enige van julle woonplekke. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs in julle huise mag julle nooit die bloed van enige voël of dier eet nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook mag julle g,,n bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie. |
| Afrikaans 1983 | “Julle mag, waar julle ook al woon, geen bloed eet nie, nie van voëls of van diere nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bloed mag julle glad nie eet nie, waar julle ook al woon; nie die bloed van voëls nie en ook nie die bloed van diere nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle mag ook nooit bloed eet nie, oral waar julle woon, nie 'n voël se bloed nie en ook nie 'n dier se bloed nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Waar julle ook al woon, julle mag nooit voëls of diere se bloed drink nie. |