Leviticus 7:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want elkeen wat die vet van die dier eet waarvan 'n mens 'n vuuroffer aan die HERE bring, die siel wat dit eet, moet uit sy volk uitgeroei word.
Afrikaans (NLV) 2011 Enigiemand wat vet van ’n dier eet wat as vuuroffer vir die Here gegee word, moet uit die gemeenskap verwyder word.
Afrikaans 1933/1953 Want elkeen wat vet eet van die vee waarvan hulle aan die HERE 'n vuuroffer bring, diegene wat dit eet, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Afrikaans 1983 Iemand wat die vet eet van 'n dier wat as vuuroffer vir die Here aangebied is, moet van sy volksgenote afgesny word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer enigiemand vet eet van diere wat as offergawe na die Here gebring word, sal die persoon wat daarvan eet van sy mense afgesny word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, julle moet enige iemand afsny van sy volk wanneer hy die vet eet van 'n dier wat iemand vir die Here op die altaar ge-offer het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Enigiemand wat die vet eet van ’n dier wat vir die Here geoffer is, moet uit sy volk weggejaag word.