Leviticus 7:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vet van die dier wat vanself vrek, en die vet van die wat verskeur is, mag vir enige ander gebruik gebruik word, maar julle mag daarvan nie eet nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vet van ’n dooie dier of van ’n dier wat deur roofdiere gevang is, mag nooit geëet word nie. Dit mag egter wel vir ander doeleindes gebruik word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir allerhande werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie. |
| Afrikaans 1983 | Die vet van 'n dooie dier of van 'n dier wat deur roofdiere gevang is, mag wel gebruik word, maar dit mag glad nie geëet word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vet van 'n dier wat doodgegaan het en die vet van 'n verskeurde dier mag gebruik word vir enige alledaagse take, maar dit mag beslis nie geëet word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer 'n dier gevrek het, of wanneer 'n wilde dier dit doodgemaak het, dan mag julle die vet gebruik vir julle werk, maar julle mag glad nie die vet eet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vet van ’n dier wat vanself doodgegaan het, of deur roofdiere verskeur is, kan wel vir ander dinge gebruik word, maar julle mag dit nie eet nie. |